Skarlakenkoors

1st Edition

eISBN-13: 9780624065807

eBook Features

Already purchased in store?
or
Rent or Buy from $ 15.20
Note: We do not guarantee supplemental material with textbooks (e.g. CD's, Music, DVD's, Access Code, or Lab Manuals)

Additional Book Details

Die woordeboek sê die erotiek gaan oor al die verskynsels en gevoelens van “sinlike” liefde, en oor die kuns “om lief te hê”.Die erotiek was nog altyd met ons en sal altyd met ons wees – nie net in die slaapkamer nie, maar ook in vele mooi dinge in die wêreld om ons: ’n Rodin-beeldhouwerk, ’n Picasso-skildery, ’n Dvorák-simfonie, ’n Zefferelli-rolprent, ’n Ferrari-ontwerp of Alexander McQueen-tabberd. Maar erotiek het nie altyd met die liefde te make nie. Soms is dit sinloos, sedeloos, waansinnig en onsinnig ... Erotiek hoef nie noodwendig sag, pienk en romanties te wees nie. In Afrikaans het ons al bundels gehad wat dié onderwerp ondersoek – dink maar aan Lyfspel/Body Play (1994), Rachelle Greeff se versameling erotiese verhale deur vroue; Johann de Lange en Antjie Krog se bundel Die dye trek die dye aan (1998), en meer onlangs was daar Maanvrug en Slavin deur Annelise. Tafelberg se erotiese bundel, Bloots, het op die rak verskyn net mooi toe Fifty Shades of Grey die wêreld stormenderhand verower het. Perfekte tydsberekening, nè. Nou vra Tafelberg opnuut ’n magdom mense om hulle erotiese verhaal vir ons te vertel, want in Afrikaans het ons nog lank nie die erotiek uitgesê nie: Daar’s ou hande en nuwe stemme; digters, joernaliste, skrywers, sangers, sakemense, sosiale vlinders, sekskatjies, tuiniers, politici, komediante, kosmense, kerkmense, kunstenaars, kommentators, ekonome, en regisseurs. Daar’s ma’s en pa’s, oumas en oupas, weduwees en wewenaars, ougetroudes, geskeides, alleenlopers. Van hulle is bekend, ander minder bekend.

Skarlakenkoors, die wildste en wydste versameling erotiese verhale in Afrikaans, sal beslis jou bloeddruk laat styg . . .

Sold By Tafelberg
ISBNs 9780624065791, 0624065804, 9780624065791, 9780624065807
Language afr
Number of Pages 304
Edition 1st