Die rooikop van Sonnerus

1st Edition

Susanna M Lingua
eISBN-13: 9780624057406

eBook Features

Already purchased in store?
or
Rent or Buy from $ 4.42 USD
Note: We do not guarantee supplemental material with textbooks (e.g. CD's, Music, DVD's, Access Code, or Lab Manuals)

Additional Book Details

"Elise Veldman, die beeldskone, vurige rooikoponderwyseres van Sonnerus, se liefde vir Armand van Rijn is besig om haar te verteer. Sy wou hom nie liefkry nie, het al trouens alles probeer om haar gevoel vir die aantreklike nuwe eienaar van haar ouers se buurplaas, Die Wilgers, dood te smoor. Sy word verder getreiter deur sy reputasie as ’n Don Juan wat met al wat meisie is flankeer, net vir eie afleiding en nooit omdat hy ernstig is nie.
Elise is egter die een wat sy hart steel, maar sy vertrou nie sy liefde nie, al wil sy bitter graag. Sy kan en sal nie toelaat dat hy haar verneder nie, en tog kan sy nie die warmte van sy liefkosings weerstaan nie. Armand kan nie begryp waarom sy teen haar liefde vir hom stry nie. Toe verskyn Tersia Dreyer op die toneel. Sy is die Vrystaatse meisie, sy ouers se keuse vir hom, en aan wie hy, soos almal glo, oënskynlik verloof gaan raak. Die situasie maak Elise sielsongelukkig. As Armand haar, Elise, werklik so innig bemin soos wat hy sê, waarom skenk hy so baie aandag aan Tersia? Elise besluit om haar te vereenselwig met die feit dat Armand nooit net aan haar sal behoort nie. Al wat sy kan doen is om die betroubare maar onopwindende dokter Piet Beukes, wat so lief vir haar is, te trou. Maar of die besitlike, vurige Armand dit gaan toelaat, is ’n ander saak . . ."

Sold By Tafelberg
ISBNs 0624057402, 9780624057406, 9780624057406
Language afr
Number of Pages 160
Edition 1st