Sonder Chocolate Charlie

1st Edition

Marga Jonker
eISBN-13: 9780624058762

eBook Features

Already purchased in store?
or
Rent or Buy from $ 5.90 USD
Note: We do not guarantee supplemental material with textbooks (e.g. CD's, Music, DVD's, Access Code, or Lab Manuals)

Additional Book Details

Nell woon op die plaas Solitaire in die Sederberg saam met haar hele uitgebreide familie van perdemense wat ’n topperdestoet bedryf. Sy het ’n paar maande vantevore ’n aaklige ongeluk met haar perd, Chocolate Charlie, gehad en dié moes uitgesit word. Sy kan weens ’n harde val niks daarvan onthou nie, maar kry nagmerries en ervaar nou ’n vrees vir perde. Vir die Aprilskoolvakansie kom haar niggie Colette en twee vriendinne, Charni en Ateeya, plaas toe saam met hulle perde om te oefen vir ’n groot kompetisie. Colette se jonger broer, Hein, en Andrew, die seun van Solitaire se veearts, voltooi die jong groep. Nell se oupa het pas ’n palomino-ponie op ’n veiling gekoop, en dié sorg vir ’n hele intrige. Ten slotte is die groep jong mense deel van ’n verfilming wat plaasvind in die aanliggende natuurreservaat; dis vir ’n TV-program oor navorsing oor Kaapse luiperds. Daar is ’n dramatiese luiperdaanval, en Nell kan uiteindelik die legkaartstukke pas van wat met Charlie se dood gebeur het.

Sold By Tafelberg
ISBNs 062405876X, 9780624058762, 9780624058755, 9780624058755
Language afr
Number of Pages 144
Edition 1st