Maar Tintin in Tibet

1st Edition

Annelie Ferreira
eISBN-13: 9780624063247

eBook Features

Already purchased in store?
or
Rent or Buy from $ 10.75 USD
Note: We do not guarantee supplemental material with textbooks (e.g. CD's, Music, DVD's, Access Code, or Lab Manuals)

Additional Book Details

Dit net heeltemal way out buite die kwessie dat jou dominee-pa by jou flat opdaag en sê jy moet saam met hom Beaufort-Wes toe ry omdat ’n messias daar gesien is. Of liewer, normaalweg is dit. Maar as jy pas met jou Golfie agter in ’n karretjie van die Jack and Jill Driving School vasgery het en jou girlfriend kom daarna met die storie dat julle nie meer die naweek alleen Struisbaai toe kan gaan nie . . . dan, ja . . . Dan klim jy maar in jou pa se ou Merc in; luister maar na Radio Kansel en sy gemoun oor wat alles fout is met die land en wag maar geduldig dat die selfoon in jou sak vibreer met ’n SMS van jou girlfriend. Die ding is net dat jy dan ook agterkom dat dinge baie vinnig baie ingewikkeld kan raak. Jy kom byvoorbeeld agter jou pa het ’n pistool in die cubbyhole, dat jou doodgoeie ma – predikantsvrou! – uithang met ’n vrou wat nie bra dra nie, jou girlfriend vir ’n ruk net wil wegkom van alles, veral van jou, en dat die messias waarna jy en jou pa op pad is – wag hiervoor! – ’n swart seun is. Hop op. Die trip op die N1 van Stellenbosch na Beaufort-Wes was nog nooit so weird and wonderful soos dié een saam met Annelie Ferreira nie. Dit is soos om van die betaalfoon van ’n B&B op Laingsburg in die donker in te bel en . . . by jouself uit te kom. En in die middel van nêrens, kom jy agter, sien jy óf jou gat, óf ’n wonderwerk.

Sold By Tafelberg
ISBNs 0624063240, 9780624063247, 9780624063230, 9780624063230
Language afr
Number of Pages 144
Edition 1st