Wanneer passie blom

1st Edition

Madelie Human
eISBN-13: 9780624067986

eBook Features

Already purchased in store?
or
Rent or Buy from $ 3.50 USD
Note: We do not guarantee supplemental material with textbooks (e.g. CD's, Music, DVD's, Access Code, or Lab Manuals)

Additional Book Details

Dís nou nie wat Janie in gedagte gehad het met haar bedelbriefies aan Kupido nie! Sy’t dan so mooi gevra: Net ’n gewone man, seblief. Hy hoef glad nie so danig aantreklik te wees nie. Sy’t nié gevra vir Ryno Bruwer nie: Gans en al te mooi vir ’n mens, ongeskik en seksisties daarby, en om alles te kroon die nuwe eienaar van háár familieplaas Bloemendal, en dus in staat om haar en Thea uit hul blomwinkeltjie op die plaas te skop! The Daisy Chain is Janie se lewe, dít en haar orgideë – en nou moet hulle geepad van die plaas af en sal hulle nooit weer ’n bekostigbare perseel vind nie.
Sy behoort die man nooit te vergewe nie . . . Maar hier gaan sy dan nou op ’n afspraak saam met hom! Hulle kan nie ophou stry nie, en tog . . . Hy’s nog meer van ’n orgideë-liefhebber as Janie . . . en daardie oë! Wanneer Ryno haar die eerste keer soen, weet Janie hier’s groot moles. Want wat sy voel en wat sy wéét – Ryno is die allerlaaste man vir haar – klop net nie. Wat is hier aan die blom: ’n eendagmooi bloeiseltjie of ’n langlewe-orgidee?

Sold By Tafelberg
ISBNs 062406798X, 9780624067986, 9780624067979, 9780624067979
Language afr
Number of Pages 224
Edition 1st